Jean Cocteau

Jean Cocteau
Jean Cocteau in 1923
Gebore
Jean Maurice Eugène Clément Cocteau

5 Julie 1889
Maisons-Laffitte, Frankryk
Sterf11 Oktober 1963
Milly-la-Foret, Frankryk
NasionaliteitFrankryk
Jare aktief1908–1963
LewensmaatRaymond Radiguet (1919–1923)
Jean Bourgoint (1925)
Jean Desbordes (1926–1933)
Marcel Khill (1933–1937)
Jean Marais (1938–1963)
Édouard Dermit (1947–1963)
Webwerfjeancocteau.net
Handtekening

Jean Maurice Eugène Clément Cocteau (5 Julie 188911 Oktober 1963) was 'n Franse digter, romanskrywer, dramaturg, ontwerper, toneelskrywer, kunstenaar en rolprentvervaardiger. Cocteau is veral bekend vir sy roman Les Enfants Terribles (1929), asook die rolprente Blood of a Poet (1930), Les Parents terribles (1948), Beauty and the Beast (1946) en Orpheus (1949).

Cocteau was een van die belangrikste persone binne die surrealisme. Alhoewel hy op verskeie gebiede aktief was, vind hy dat hy in die eerste plek 'n digter, en al sy werk poësie was, ongeag of hy met 'n roman, 'n film, 'n toneelstuk of 'n skildery besig was. Sy werk het 'n groot invloed op vele kunstenaars gehad, onder meer die bekende Les Six-komponiste.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy